MUSIC SOUTH AFRICA

Tuesday 24 December 2013

Theuns Jordaan met sy album Roeper

30 September 2013

 
2013 is ‘n groot jaar vir Theuns Jordaan met sy album Roeper wat  die een toekenning na die ander ingeryg het. By die Ghoema-toekenningsaand vroeër vanjaar was hy een van die groot wenners en by die Sama-toekennings in Mei vanjaar het hy twee pryse gewen – een vir die beste Afrikaanse kontemporêre album vir Roeper en ook die groot prys van die jaar, dié van topverkoper album in Suid-Afrika. By die Tempo-toekennings het hy die topverkoper mans-album vir die jaar gewen vir Roeper en hy en Juanita du Plessis het die toekenning gewen vir die topverkoper DVD vir Hart Vol Drome.
Roeper het sedert dit in Mei 2012 vrygestel is reuse sukses behaal. Die verkope van die album is verby die 125 000-merk en ook kritici het die album geloof as een van die beste die afgelope tyd.
“Dis ’n album wat begeester en ’n puik produksie deur Theuns self, Arnold Coleske en Anton L’Amour. Bekroon dit gerus!” was Vrouekeur se mening.

Huisgenoot het geskryf: “Lank nadat jy na die album geluister het, bly dit jou nog by. Sorg dat jy hierdie album kry, want dis al waaroor aanhangers lank gaan praat.”

By die Ghoema-toekenningsaand van 2013 het Theuns vyf toekennings gewen - album van die jaar, beste kontemporêre manskunstenaar, beste albumverkoper én beste DVD vir Hart Vol Drome saam met Juanita du Plessis. Theuns het ook die Diamantprys vir totale verkoopsyfers van meer as 1 miljoen ontvang.

“Ek is baie dankbaar oor die sukses,” sê Theuns. “Om in hierdie ekonomiese tye verkope van meer as 130 000 te behaal, is baie naby aan ‘n wonderwerk.”

Theuns het groot lof vir Anton L’Amour, sy mede-regisseur op Roeper en lank reeds sy musiek-venoot op die verhoog en in die ateljee. Ook die span by Coleske Artists was van die begin betrokke met die album en volgens Theuns verdien hulle net soveel hierdie groot eer. 



Optredes
 

30 Desember 2013 : JEFFREYSBAAI


JOLLY DOLPHIN Tyd: 20:30 (042) 293 2624.
 

28 Desember 2013 : SWAKOPMUND - HIER KOM DIE MANNE



27 Desember 2013 : MOSSELBAAI


Pero Diaz Teater @ Diaz Strand Hotel, Beach Boulevard East, Diaz Strand VRY 27 Dec 2013 20:00 Kaartjies by www.diazsummerfest.co.za.
Swakopmund Indoor Sport Centre - Swakopmund, Namibia - Kaartjies by Computicket.


      

No comments:

Post a Comment