MUSIC SOUTH AFRICA

Tuesday 28 January 2014

'PA EN SEUN' - Bok van Blerk & Steve Hofmeyr (van die CD AFRIKANERHART)

Steve Hofmeyr en Bok van Blerk - Bring als vat jy het

Lied Van My Hart - (Steve Hofmeyr en Nádine)

Steve Hofmeyr live in Bloemfontein - 26 Maart 2014!

SA se grootste superstêr, Steve Hofmeyr, is terug op die verhoog in Bloemfontein!Met meer as 2 miljoen albumverkope, vele SAMA toekennings en ‘n loopbaan van langer as 25 jaar gaan Steve plaaslike gehore vermaak met ‘n konsert propvol treffers! 
Kaartjies vanaf R110 p/p reeds beskikbaar by Computicket.26 Maart 2014, by Die Kovsie Kerk om 20:00.Vir navrae kontak 0824818881.Met trots aangebied deur Afrikoon Produksies.
Facebook Event:https://www.facebook.com/events/325408724264079/?fref=ts

event information

event information

aig
 
Afrikaans is Groot 2014 Pretoria
Venue: Moreletapark Gemeente, Pretoria
Dates: 14 & 15, 21 & 22 November 2014
Optredes



31 Januarie 2014 : NELSPRUIT


Emnotweni Casino - 0137574412 - R 100 pp.

07 Februarie 2014 : CLOCOLAN


Gholf Klub - R100 en R 50 skoliere - 0833056727 .

14 Februarie 2014 : REITZ


Bieliemieliefees - R70 en R40 Kinders - Computicket .

22 Februarie 2014 : KRUGERSDORP


Key West Shopping Centre - R 20 - 011 273 0400 .

28 Februarie 2014 : PAARL


Liqui-Fruit Amfiteater - R 130 - R 160 - 021 872 9754.

01 Maart 2014 : UITENHAGE


Anibrandfees - R90.00 en R50.00 Skoliere - 074 867 5050.

06 Maart 2014 : ERMELO


Ermelo Landboufees - R60.00 en R30.00 Kinders - 017 819 7207.

07 Maart 2014 : PRETORIA


NG Kerk Wonderpark - R 100 - 083 448 4875.

15 Maart 2014 : ASHTON


Excelsior Wynlandgoed - R120.00 en R60.00 Kinders - 023 615 1980
.

16 Maart 2014 : STELLENBOSCH


Woordfees - Neethlingshof - R90.00 en R60.00 Studente - Computicket .

Theuns Jordaan


Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad, 30km van Bethulie, grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met ‘n kitaar begin deel. Ná skool is hy weermag toe, daarna na die Universiteit van Stellenbosch waar hy ‘n B.Ekon.-graad verwerf het.

Dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor ‘n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met ‘n paar rand en ‘n pizza as enigste betaling.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria en by die KKNK van 2000 word sy debuutalbum, Vreemde Stad, vrygestel. Vreemde Stad word een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, word by Aardklop in 2002 bekendgestel en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, ‘n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan.

In November 2005 word Seisoen vrygestel en hierdie keer is L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen sorg ook vir rekordverkope met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.


In 2007 besluit Theuns om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers word in Maart vrygestel en verkoop byna 85 000 tot op datum.


Op 28 Maart 2008 word Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dis ‘n reuse sukses en daar word ook ‘n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD ‘n ongelooflike 120 000.


Theuns was nog altyd ‘n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 word Koue Vuur vrygestel. Dit behaal binne twee maande platinumstatus en die verkope staan tans op meer as 100 000.


2012 is ‘n groot jaar vir Theuns. Nie net stel hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vry nie, maar hy en Juanita werk weer saam op Hart Vol Drome.


Roeper is een van 2012 se grootste verkopers en boer lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK. Die album se verkope was in Maart 2013 reeds by bykans 115 000, maar die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar - het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was.


Theuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom om net ‘n paar te noem – is uit sy pen en daar is beslis nog ‘n paar wat wag om geskryf te word.


Hart van Jakaranda

hart van jakaranda
Hart van Jakaranda
Venue: Heartfelt Arena, C/o Eufees & Voortrekker, Thaba Tshwane, Pretoria
Datum: 11 April 2014
Tyd: 19:00


Oor ‘n paar maande maak Jakaranda En Louis Botha Kinderhuise in Pretoria musiekgeskiedenis wanneer die Hart Van Jakaranda – Afrikaanse Musiek Konsert in Pretoria by die Heartfelt Arena plaasvind. Net die beste kunstenaars is goed genoeg vir hierdie geleentheid. Kom luister na Juanita Du Plessis, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Pieter Koen, ADAM, Ricus Nel en Hennie Jacobs (Diederick van 7de Laan) vir jou gunsteling afrikaanse-treffers, 7 kunstenaars op een aand .
Goeie kwaliteit gesinsvermaak teen bekostigbare pryse. Die GROOT Laservertoning tydens die konsert, beloof ook om iets besonders te wees. Verwag sommer baie plesier en groot verrasings. Kosstaletjies sal ook beskikbaar wees voor en tydens die konsert.
Wees verseker dat hierdie NIE JOU TIPIESE LIEFDADIGHEIDSKONSERT IS NIE maar ‘n musiek produksie van hoogstaande gehalte, met een van die beste produksie spanne in die land. Letterlik die grootste konsert projek wat al ooit in die geskiedenis van hierdie 2 kinderhuise aangebied is. En JY weet die geld wat jy aan hierdie kaartjies spandeer gaan beslis vir ‘n BAIE GOEIE DOEL !!
Kaartjies vanaf R195 per persoon.
Besoek ons gerus by www.hartvanjakaranda.co.za
Volg ons op Facebook

Awarding Afrikaans Music Artists



Once again it’s awards season and Ghoema Afrikaans Music Awards is back. The event will take place in Carnival City’s Big Top Arena on 14 April.
The Ghoema drum is known for its uplifting and colourful rhythmic sounds. The Ghoema Afrikaans Music Awards simulates this uplifting spirit and pays tribute to all the proudly South African artists who have kept fans entertained in the Afrikaans music industry for the past year. 
The cream of the Afrikaans music industry and an array of well-known celebrities will attend this highly prestigious and glamorous event. Acclaimed artists in 26 different categories will be honoured for their excellent accomplishments in Afrikaans music over the past year.
This awards spectacular promises to be an unforgettable event.
Tickets are R100 per person. For more information contact Barry Pretorius 082 850 6576 or e-mail barry@ghoema.co.za.

Gérard Korsten

Picture of Gé Korsten

Gérard Korsten (popularly known as Gé) (6 December 1927 – 29 September 1999) was a South African opera tenor and actor who had a great influence on Afrikaans culture.
Born in Rotterdam, the Netherlands as the youngest of eight children, Korsten and his family emigrated to South Africa when he was nine years old. He married Elna Burger and had five children, among them renowned conductor and violinist Gérard Korsten.

Initially he worked as an electrician, but from the age of 20, started singing in choirs. However, he received his first formal vocal training in 1952, when he was well into his 20s, studying under Adelheid Armhold at the South African College of Music.
In 1955 he moved to Pretoria, where he was one of the founder members of the Pretoria opera company. In 1956, he debuted as Canio in Ruggero Leoncavallo’s Pagliacci.
Korsten won a bursary to study in Vienna in 1962, where he received tuition under Judith Hellwig. During this period he had the opportunity to perform in Vienna and Munich, but he never sang professionally outside South Africa, mainly due to family considerations. It was only in 1970 that Korsten sold his business to devote himself to full-time singing. In the course of his operatic career, Korsten appeared on stage more than 3,000 times, playing 23 roles in most of the major operas.