MUSIC SOUTH AFRICA

Tuesday 24 December 2013

Juanita du Plessis

Juanita du Plessis
Juanita du Plessis (neé Naude) is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres wat in Namibië gebore is. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba". Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders - Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naude, is ook n sanger in eie reg. Totale verkope tot op hede van al haar albums beloop meer as 2 miljoen eenhede.  
Sy is gebore op 26 April 1972 in Windhoek, Namibië, en gaan skool in Laerskool Suiderhof en Windhoek Hoërskool. Sy is 'n gekwalifiseerde sekretaresse en het vir 'n vervoermaatskappy in Windhoek gewerk tot en met 1996.  Juanita is 1,78 m lank en 'n skoengrootte van 8. Sy is 'n baie diep gelowige, ambisieuse, saggeaarde en liefdevolle mens. Sy erken self: "Ek is nie goed met die hantering van afbrekende kritiek, onregverdigheid, hartseer en verdriet nie. Ek is maar 'n baie sensitiewe mens...Maar deur die jare het ek al geleer om dit te hanteer en probeer ek altyd die positiewe in elke situasie soek! Maar alle antwoorde op vrae is in die Bybel; dit is my anker."
"Ek is van kleins af baie kleinserig met my hare! En ek is doodbang vir vlermuise, rotte, "roman" spinnekoppe en baie diep water...
 





     CD's Op Die Rak
     15. Jy voltooi my 2012
     14. Hart vol drome 2012
     13.  Wees lig 2011
     12.  Engel van my Hart 2010
     11. 10 Jaar Platinum Treffers 2008
     10.  Bring jou hart 2008
     9.    Volmaakte kring 2007
     8.    Vlieg Hoog 2007
     7.    Jou skaduwee 2006
     6.    Bly by my 2005
     5.    Altyd daar 2004
     4.    Jy is...2003
     3.    Dis waar ek wil wees 2002
     2.    Ek en Jy - Ska-rumba! 2000
     1.    Young Hearts 1998

No comments:

Post a Comment