MUSIC SOUTH AFRICA

Tuesday 24 December 2013

Die gewilde Trots Afrikaans reeks is terug

 Afrikaans Is Groot - Vol.6 - Various Artists (CD)

Die gewilde Trots Afrikaans reeks is terug met Volume 6! 
Al jou gunstelinge Afrikaanse kunstenaars op een album met van hulle grootste en nuutste treffers! “Dans” saam met Riana Nel en hou die liefde hoog met Jay & Lianie se “Lank lewe die liefde”.  Karlien van Jaarsveld se “Jakkals trou met wolf se vrou” sal jou laat hunker na ‘n verlore liefde en Robbie Wessels kielie die lagspiere met “Macarena Mumbo”.  Kyk verder uit vir Hulle (Laaste Asem), Jay (My hart wil jou nie los nie), Jak de Priester (Die liefde los ‘n spoor), Jannie Moolman (Jy vat my hoer) en nog vele meer!
Maak Trots Afrikaans Volume 6 nou deel van jou versameling en bly trots Afrikaans!


Dis weer tyd vir die grootste Afrikaanse kompilasie album van die jaar! Met die sukses van sy voorgangers is Afrikaans is Groot terug met volume 6! En daar is meer verrassings as ooit tevore!
Die dubbel album bevat al jou gunsteling kunstenaars met hulle gewildste radiotreffers van 2013!  Karlien van Jaarsveld gaan jou betower met “Hande”, Jay laat die dansvloere kook met “Dis hoe ons rol” en Bobby van Jaarsveld en Riana Nel span saam vir die hartroerende duet “Eens in ‘n leeftyd”. 
Die Afrikaans is Groot reeks is bekend vir die ekslusiwiteit van splinternuwe treffers, en hierdie jaar is geen uitsondering!  Kyk uit vir ‘n nuwe duet van Juanita du Plessis en Theuns Jordaan (“Ek sal”), die pragstem van Corlea Botha (“Swart koffie”) en selfs Eden bring vir jou ‘n op-en-wakker, saamsing somer treffer (“Somer van ons lewe”).
Met vele meer van die grootste liedjies van 2013 insluitende “Eendag as ons groot is” (Dewald Wasserfall), “Tyd om te lewe” (Riana Nel), “Beloofde land” (Die Heuwels Fantasties) en ander gunstelinge insluitende “Kwart oor 5”(Eden), “Macarena Mumbo” (Robbie Wessels) en “Bel bel bel”(Lianie May) sal Afrikaans is Groot Volume 6 beslis ‘n topverkoper wees!
SKYF 1
1. Theuns Jordaan & Juanita du Plessis– Ek sal (Nuut & Eksklusief)
2. Eden - Somer van ons lewe (Nuut & Eksklusief)
3. Karlien van Jaarsveld- Hande
4. Corlea Botha – Swart koffie (Nuut & Eksklusief)
5. Jay - Dis hoe ons rol
6. Bobby van Jaarsveld – Wat geld nie kan koop nie
7. Dewald Wasserfall - Eendag as ons groot is
8. Bok van Blerk – Van Hings
9. Juanita du Plessis – Jy voltooi my
10. Die Heuwels Fantasties - Beloofde land
11. Bobby van Jaarsveld & Riana Nel - Eens in ‘n leeftyd
12. Ampie - Niks en Niemand
13. Jay & Lianie May - Rug teen die muur
14. Riana Nel – Tyd om te lewe
15. Jak de Priester - Fyn Lyn
16. Elvis Blue – Rede om te glo
17. Steve Hofmeyr & Jay – Sal ons ooit weer kan slaap
18. Steve Hofmeyr – Blou ballon
19. Pieter Koen – Man van staal
20. Theuns Jordaan – Deur die Winters
SKYF 2
1. Theuns Jordaan – By jou
2. Afrikanerhart – Bok van Blerk
3. Theuns Jordaan & Juanita du Plessis - Hart vol drome
4. Klein Karoo - Tim Theron
5. Jannie Moolman – Volg net jou hart
6. Riana Nel – Dans
7. Bobby van Jaarsveld – ‘n Vrou wil dit hoor
1. Karlien van Jaarsveld – Maybe baby
2. Eden – Kwart oor 5
3. Robbie Wessels – Macarena mambo
4. Lianie May – Bel bel bel
5. Koos van der Merwe – Dans my?
6. Mathys Roets – In my lewe
7. Campbells – Trou met my
8. Vaughan Gardiner – Hoe wys ‘n man sy hart
9. Arno Jordaan – In die donker
10. ADAM – Gebore om jou lief te he
11. Johan C Venter – Oé soos pêrels
12. Joe Niemand – Genoeg is genoeg
13. Die Heuwels Fantasties – Klein Tambotie Boom


 Trots Afrikaans - Vol.7 - Various Artists (CD)

Trots Afrikaans hou vol met sy wenresep en bring vir jou die gewildste Afrikaanse kunstenaars en jou gunsteling treffers!
Met gewilde snitte van Bobby van Jaarsveld (‘n Vrou wil dit hoor), Theuns Jordaan (By jou) en Jay & Lianie (As jy sing) sal dit beslis ‘n gunsteling op die album rak wees!  Riana Nel glo nou is die “Tyd om te lewe”, Bok van Blerk weet hoe om die rugby ondersteuners op te sweep met “Blou Bul Snor” en Dewald Wasserfall steel nog harte met “Jy’s beautiful vir my”.  Eden maak steeds die dansvloere vol met “Superhero” en Die Campbells bring ‘n Country geur met “Yvonne”. 
 Kyk uit vir splinternuwe snitte deur Jay (Sy het dit) en Ampie (Jy bly die een in my hart).  Karlien van Jaarsveld (Ek wag nogsteeds vir jou), Vaughan Gardiner (Hoe wys ‘n man sy hart) en Robbie Wessels (Ons huil nie) is ook by die Trots Afrikaans album ingesluit. 




No comments:

Post a Comment