MUSIC SOUTH AFRICA

Tuesday 24 December 2013

Lianie May



Lianie May se debuutalbum, Vergeet My Nie, is in September 2007 vrygestel en was een van die groot suksesverhale in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in 2008.
Dit het gespog met verkope van meer as 120 000 en Lianie het verskeie toekennings gewen onder meer die Tempo-toekenning as gunstelinge nuweling én beste popalbum. Die grootste toekenning was egter toe dit in 2009 die Sama-prys as topverkoper in die Suid-Afrika oor alle genres gewen het, `n merkwaardige prestasie vir `n debuutalbum.
LIANIE MAY se musiek herinner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodie, vleiende harmonie wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal!

No comments:

Post a Comment