MUSIC SOUTH AFRICA

Sunday 29 September 2013

Die Government Song by steve

Steve Hofmeyr

Maroela Media het vroeër die week berig Steve Hofmeyr gaan glo ‘n paar staatsamptenare warm onder die kraag hê oor ʼn nuwe liedjie wat hy tans opneem. Klik hier om meer te lees.
Steve het Woensdag op Twitter gewaarsku dat die liedjie moontlik nie oral ewe goed ontvang sal word nie. 
Hy het ook onderneem om die lirieke aan Maroela Media te stuur om eksklusief eerste te publiseer. Hier is dit nou, uit Steve se pen…

Die Government Song

Ek kry hom in ʼn hoek op ʼn kroeg in De Aar
Hy tokkel vir kontant op ʼn ou kitaar
Hy sê 23 doppe sal hom deur kan dra
Maar sy oë sê my anders sy oë se hy’s klaar
Ek sê hom ek is Wim, hy vra my waarvandaan
En hoe voel dit om so naby aan ʼn loser te staan
Hy sê die bier is op my, die joke is op hom
En as ek lank genoeg bly sing hy die Goverment Song

Hy sing ʼn mielieboer John-Deer-Hilux song
Jy gee jou wins vir die government en sê so long
Hy vat jou vrou en jou kinders en hy vat jou hond
Sê my oom Wim waar sal ek weer begin?
Hy vat alles op die plaas en hy eis ook die grond
Hy vat jou oupa se stories en die kos uit jou mond
hy vat die skoene aan jou voete en die taal op jou tong
Sê my oom Wim waar sal ek weer begin

Hy sê my oom jy weet nou ek’s ʼn government man
Alles wat ek maak sal vir die government gaan
My oupa was ʼn Strijdom en ʼn Hertzog man
My ma was vir Smuts maar ʼn nooi Malan

Jy sien my enigste sonde is die tyd my pel
Dis die tyd en die plek en die kleur van my vel
My voorvaderspoor was ʼn lydensweg
Maar k*k en betaal is my geboortereg