MUSIC SOUTH AFRICA

Tuesday 28 January 2014

Hart van Jakaranda

hart van jakaranda
Hart van Jakaranda
Venue: Heartfelt Arena, C/o Eufees & Voortrekker, Thaba Tshwane, Pretoria
Datum: 11 April 2014
Tyd: 19:00


Oor ‘n paar maande maak Jakaranda En Louis Botha Kinderhuise in Pretoria musiekgeskiedenis wanneer die Hart Van Jakaranda – Afrikaanse Musiek Konsert in Pretoria by die Heartfelt Arena plaasvind. Net die beste kunstenaars is goed genoeg vir hierdie geleentheid. Kom luister na Juanita Du Plessis, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Pieter Koen, ADAM, Ricus Nel en Hennie Jacobs (Diederick van 7de Laan) vir jou gunsteling afrikaanse-treffers, 7 kunstenaars op een aand .
Goeie kwaliteit gesinsvermaak teen bekostigbare pryse. Die GROOT Laservertoning tydens die konsert, beloof ook om iets besonders te wees. Verwag sommer baie plesier en groot verrasings. Kosstaletjies sal ook beskikbaar wees voor en tydens die konsert.
Wees verseker dat hierdie NIE JOU TIPIESE LIEFDADIGHEIDSKONSERT IS NIE maar ‘n musiek produksie van hoogstaande gehalte, met een van die beste produksie spanne in die land. Letterlik die grootste konsert projek wat al ooit in die geskiedenis van hierdie 2 kinderhuise aangebied is. En JY weet die geld wat jy aan hierdie kaartjies spandeer gaan beslis vir ‘n BAIE GOEIE DOEL !!
Kaartjies vanaf R195 per persoon.
Besoek ons gerus by www.hartvanjakaranda.co.za
Volg ons op Facebook

No comments:

Post a Comment