MUSIC SOUTH AFRICA

Sunday 5 May 2013

Bobby van Jaarsveld

 

 http://www.bobbyvanjaarsveld.co.za/

 https://twitter.com/bobbyvjaarsveld

 http://www.youtube.com/watch?v=SKMd4Jzu2JM

 https://www.facebook.com/Bobby.van.Jaarsveld


Bobby van Jaarsveld (6 Maart 1987, Paarl) is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Van sy treffers sluit in: Spieëltjie en Waar is jy.
Van Jaarsveld speel 'n hoofrol in 'n Ster-Kinekor rolprent, Liefling, wat in 2010 vrygestel is.
Sy suster Karlien van Jaarsveld is ook 'n sangeres in eie reg.

Biografie

Pieter van Jaarsveld is op 6 Maart 1987 in die Paarl, Wes-Kaap, Suid-Afrika, gebore. Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Hy is die middelste van 3 kinders (sy susters is Karlien en Cara).
Bobby was in 7 verskillende laerskole, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Brits begin en voltooi. Hier neem hy aan talentkompetisies deel en ontwikkel 'n liefde vir die musiekbedryf. Hy slaan sy eerste CD-kontrak in Graad 11 los, en sy eerste soloalbum word vroeg in sy matriekjaar uitgereik.
Hy is op 7 Januarie 2011 met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders, in die eg verbind.

Diskografie

  • Liefling-klankbaan, 2010 Jukebox-rekords
  • Genees hierdie land, saam met Tania Strauss, 2010
  • Net vir jou, 2009 Jukebox-rekords
  • Duisend ure, 2007
  • Ken jy Talina?, Blêr-musiek
  • Vat my saam, Blêr-musiek


No comments:

Post a Comment